Dit het die Vrydagaand voor die troue gestortreën... Maar toe Jonét van den Heever van Pretoria en haar romantiese De Wet van der Westhuizen van Bloemfontein op 3 April verlede jaar voor ’n boomkansel staan, was daar net ’n ligte windjie.

Hulle wou buite trou en sy het geglo die weer sál opklaar. Boonop is sy dol op die landelikheid van The Cowshed, ’n plaas naby Dullstroom in Mpumalanga. Wat dit vir haar nog meer spesiaal gemaak het, was dat haar rok van haar ouma se trourokkant gemaak was.

“Ons pastoor-vriend wat ons getrou het, was so vol liefde, vreugde en vrede. Saam met die snikke en gelag van familie en vriende was die makietie en kuier ’n wonderlike naweekbruiloffees!”

Daar was krismisrose (die confetti was laventel), musiek uit die 80’s, en Elsabé Templeton, ’n vriendin van die familie, het die boerekos en kolwyntjie-koek gemaak. “Ek sal nooit vergeet hoe ek op Nina Simone se It’s a New Dawn ingestap en my ma en pa gegroet het nie.Die trane het gevloei. Maar ek was gereed om my geliefde se hand te vat ...”

De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue

Volg SARIE op Twitter en Facebook