"My eie troue was rose en kant en die klein kerkie op Bloubergstrand. Die dag se blou is my helderste herinnering. So perfek blou soos die koringblommetjies in my konfetti-mandjies. Ek dink ook aan my hoë wit sandale. Die paar met die fyn bandjies wat ek móés hê vir my rok se kantsoom wat om my enkels geswiep het.

Ek onthou nóg ’n troue – ook oor die skoene. Ek was maar vier, en my blommeisierok was ’n wonderlike waatlemoenpienk in die rykste satyn. Die beste van als was my skoene. Goud, met ’n effense punt. Vir ’n vierjarige met ’n voortydige passie vir skoene was dít beter as pienk roomys en groen koeldrank op ’n Overbergse somerdag. Hoe verras was ek nie toe ek onlangs weer ’n klompie van dié foto’s sien nie. Daar was soveel meer waaroor ek opgewonde kon geraak het: satyn-handskoene in die kleur van my rok, ’n hoedjie op my kop, so ewe met ’n stukkie net.

Maar al die jare was daar net één prentjie in my kop: daardie goue skoene. Dit bly my beste onthou.

Geniet hierdie uitgawe van SARIE BRUID."

Michélle van BredaMichélle is die blommemeise aan die linkerkant

- Michélle van Breda, redakteur

IN SARIE BRUID 2009 / 2010

 
40+ droomrokke

Regte troues! Kry inspirasie by
Shine 4 se Marlese en Desiree
Whitey Basson se Mari
Sanger Jak de Priester
Sjef Reuben Riffel
Nicole Fox
+ nog 11 troues

Hope styl-idees vir 'n klein beursie

2-in-1 haarstyle wat werk van seremonie tot onthaal

27 droomrokke vir &aposn droomdag

DEEL JOU TROUE

Ons wil sien hoe jul troue gelyk het – dalk verskyn julle in die volgende SARIE BRUID! Stuur 2 troufoto’s of ’n CD met foto’s aan SARIE BRUID, Posbus 511, Kaapstad 8000. Sluit ’n gefrankeerde koevert in as jy die foto’s wil terughê.

WAAR KAN JY SARIE BRUID KOOP?

Dis beskikbaar by uitsoek-winkels landwyd. Indien jy nie 'n SARIE BRUID in die hande kry nie, SMS SARIE BRUID na 32510 en ons kontak jou ('n tarief van R1 per SMS geld).