Omdat julle inskrywings van jul mooiste dag ons só inspireer, het ons besluit om vir die eerste keer hier op sarie.com uit dié bruidspaar van die jaar-inskrywings elke keer 'n bruid van die maand te kies. Dis sommer ’n ekstra lekkerte om die opwinding hoog te hou! Onthou net dat die bruid van die maand-wenners nie noodwendig finaliste in die bruidspaar van die jaar-wedstryd is nie.

Elke maand se wenner sal hier op die SARIE se bruid-webtuiste gewys word.

DÍT KAN JY WEN!

Elke bruid van die maand sal 'n spesiale SARIE-skoonheidspakkie van sowat R350 tot R400 elk wen. Dis spesiaal deur ons skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, vir julle bymekaar gesit.

SLUITINGSDATUM: 28 FEBRUARIE 2011

* Wedstrydreëls