Karla Oettler van Absolute Weddings in Kaapstad:

* Kelners loop tussen die gaste rond met oesters – dis soos “lewende vermaak”.
* Drankies vóór die hoofmaal is “interaktief” – gaste leer mekaar ken terwyl hulle smul aan peuselhappies. Hulle kan selfs hul eie skemerkelkies saamstel.
* Later in die aand is die fokus weer op konjak- en sigaarhoekies vir ouwêreldse sjarme.
* Daar word al hoe meer wegbeweeg van swaar driegang-maaltye. Die skuif is na kleiner porsies met tot agt gange in verskillende bakkies en potjies, met groter interaksie tussen gaste. Dit hou troues lekker gesellig.

Vir navrae: 083 440 1583 / www.absolutewe.co.za

Marius Barnard van Weddings by Marius in Knysna op die Tuinroete:

*Daar is ’n groot beweging na “groen” geskenke wat aan gaste uitgedeel word, soos iets wat geplant kan word.
*Bruide verkies ligter maaltye en mooi kosborde (platters) op die tafel. Niemand hou meer daarvan om in toue te wag vir ’n buffet nie.
*Die koek word dikwels ingespan as nagereg.

Vir navrae: Marius Barnard: 044 382 3579 / www.weddingsbymarius.co.za

Aleit Swanepoel van The Aleit Group in Stellenbosch:

* Die trouseremonie is deesdae selde langer as 20 tot 30 minute.

* Terwyl die bruide se foto’s geneem word, word gaste deesdae vermaak met musiek (sagte kamermusiek, ’n saxofoonspeler  of ’n band), hulle smul aan peuselhappies terwyl hulle skemerkelkies geniet, almal ontspan in dié mooiste omgewing – langs die see, in wynlandgoedere. Dit is nié meer soos jare gelede toe almal hul horlosies dopgehou en gewonder het wanneer die bruid eendag weer haar verskyning gaan maak nie.

*Lang toesprake is uit.

* Die kos behoort een van die hoogtepunte van die aand te wees. Kies die spyskaart met sorg. Jy hoef nie ’n tradisionele koek (of énige koek!) te hê nie.

* Oorweeg ’n vuurwerk-vertoning om jou gaste bietjie te bederf later in die aand.

Vir navrae: 021 887 4448 / www.aleit.co.za

Hannes Loubser van Wedding Concepts in Kaapstad:

* Vergeet van tradisie – verander gerus die volgorde van sake om dit onvoorspelbaar te hou. Begin byvoorbeeld die dag met ’n luilekker middagete, laat dit oorloop in ’n sonsondergang wat jy saam met die gaste met ’n glasie vonkelwyn geniet en begin vroegaand met die dansmakietie. Laataand kan peuselhappies weer bedien word vir die hongeriges.

* Moenie sommer kompromieë tref nie. Jy trou net een keer – nét die beste is goed genoeg!

Vir navrae: 021 426 5783 / www.weddingconcepts.co.za Gaste word bederf met springmielies Volg SARIE op Twitter en Facebook