Kim Kardashian is nie die enigste celeb wat in Mei getrou het nie ... die Britse model en suster van Cara Delevingne, Poppy, het ’n boheemse bruilof in Londen én Marrakesj gehou! Só skryf die Britse tydskrif Hello!. Lees die volle artikel hier.

Poppy het twee trourokke gedra. Die eerste was ’n effekleurige wit Chanel Couture-trourok wat sy tydens haar en sakeman James Cook se amptelike trou-seremonie in Londen gedra het. Kyk na dié trourok HIER.

Maar vir die tweede seremonie ’n week later in Marrakesj, Marokko, het Poppy ’n boheemse rok van die modehuis Emilio Pucci gekies.

Poppy Delevingne se Emilio Pucci-trourok tydens haar bruilof in Marokko FOTO: Instagram (@peter_dundas) Poppy Delevingne se Emilio Pucci-trourok tydens haar bruilof in Marokko
FOTO: Instagram (@peter_dundas)

Haar rok van sagte, wit materiaal met fyn blomme in blou, geel, pienk en pers was ’n peplum-styl. Dié rok het ’n lae neklyn gehad en aan die agterkant het dit Poppy se skraal rug beklemtoon.

Die rugkant van Poppy se unieke trourok, ontwerp deur Emilio Pucci FOTO: Instagram (@peter_dundas) Die rugkant van Poppy se unieke trourok, ontwerp deur Emilio Pucci
FOTO: Instagram (@peter_dundas)

Die paartjie het ná hul Marokkaanse trou-seremonie tot laataand gedans tydens ’n disko-partytjie.

Ons kry boheemse inspirasie by Poppy en deel 15 van ons gunsteling-trourokke in dié styl van die webblad Etsy met jou. Die geheim vir ’n onvergeetlike boheemse trourok is baie kant, ’n vloeiende ontwerp en soms ’n bietjie kleur.

Kyk na nóg trourokke op Etsy. Nou wil ons jóú mening hoor! Watter een van dié rokke is jóú gunsteling? En in watter rok wil jy nooit gesien word nie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Nóg in ons BRUID-afdeling