Die wêreld ly steeds aan troukoors, koninklike troukoors. Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, se bruilof was 'n sprokie. En Meghan se twee rokke was eksieperfeksie.

'n Sprokies-oomblik FOTO Getty Images / Gallo Images

Haar eerste rok en dramatiese sluier is deur Clare Waight Keller, artistieke direkteur van Givenchy, ontwerp.

FOTO Instagram / Givenchy
FOTO Instagram / Givenchy

Dit was klassiek, minimalisties en modern. Die keuse van materiaal, satyn, is deesdae ook baie gewild onder bruide.

Die tweede, leliewit rok is deur Stella McCartney ontwerp en het vir 'n tikkie Hollywood-glans gesorg. Hierdie snit is net so 'n gewilde trourok-trend en ook 'n vleiende keuse. Hoekom?

FOTO Instagram / Stella McCartney
FOTO Instagram / Stella McCartney
FOTO Instagram / Stella McCartney

Volgens Magdel Muller, SARIE se mode-stilis, laat die snit jou langer lyk.

"Omdat dit 'n halternek het, sal jou bene langer lyk. En natuurlik is 'n vrou se skouers die liggaamsdeel wat laaste verouder. Dis 'n goeie keuse."

Ontwerpers wat dié warm trend navolg:

Victor & Rolf

FOTO Victor & Rolf
FOTO Victor & Rolf

Sébastien Luke

FOTO Sébastien Luke

Justin Alexander

FOTO Justin Alexander

Muse by Berta

FOTO Instagram / Berta

Lillian West

FOTO Instagram / Lillian West

Wil jy ook só 'n rok dra? Onthou hierdie wenk:

Het jy groot borste? Vermy dan liefs 'n halternek, wat al die fokus op jou borste gaan plaas. Kies eerder 'n V-nek, wat meer vleiend vir jou liggaamstipe is.

FOTO Instagram / Kensington Royal