Vanjaar gaan nóg ’n SARIE-leser die geleentheid kry om op ons Oktober-voorblad te verskyn. In SARIE se Julie-uitgawe word die Top-40 van SARIE Voorbladgesig 2019 bekend gemaak en vind ons uit wie die semifinaliste in die gewilde kompetisie is.

Tot dan onthou ons top-oomblikke van vorige finaliste en wenners, as deel van #SARIE70 om ons 70ste verjaardag te vier. Hier kyk ons na ’n paar van hulle se troufoto’s ... onthou jy nog dié pragtige bruide?

Tana Ferreira 

Die pragtige blondekop is in Desember 2018 in die Hemel-en-Aarde-vallei met haar Martin van Rooyen getroud. Tana was 2012 se SARIE Voorbladgesig.

KYK: Tana se sprokiesdag

Tana Ferreira FOTO’S Julia Winkler

Monique Sutherland

Die beeldskone donkerkop, SARIE Voorbladgesig 2014, het in Junie 2018 op die oewer van die Vaalrivier die ja-woord aan Kelvin Brits gegee.

KYK: Monique deel haar troufoto’s

Monique Sutherland FOTO’S Suikerbekkie Fotografie

Shené van der Vyver

Shené, ’n finalis in 2017, het haar eie trourok gemaak. Sy is in Desember 2018 in Muldersdrift met Joe Olivier getroud.

KYK: Shené sê 'ja' in eie trourok

Shené van der Vyver FOTO’S Celeste Cilliers

Elmaine Lourens

Die 2014-finalis het in Desember 2017 op ’n Durbanville-wynlandgoed trou beloof aan D’Niel Miskey.

KYK: Finalis Elmaine trou op wynlandgoed

Elmaine Lourens FOTO’S Aglow Photography

Elanze van der Merwe

Die 2017-finalis is weke voor die galageleentheid waar die wenner aangekondig is, getroud met Stefan Conradie. Die pragtige troue is in Bloemfontein gehou.

KYK: Elanze se Vrystaatse troue

Elanze van der Merwe FOTO’S Go Urban Photography

Hané van Schalkwyk

Twee jaar nadat sy in 2015 ’n Voorbladgesig-finalis was, het sy met Ulrich Carshagen afgehaak. Die bruilof is buite Lanseria gehou.

KYK: Hané se mooiste dag

Hané van Schalkwyk FOTO’S Mighty Fine Photography

SARIE Voorbladgesig 2019 in trotse samewerking met Jimmy Choo, INOAR, Isa Carstens Akademie en Kalahari.

Lees ook:

REGTE TROUE: Boheemse bruilof in die woud

Troukontrak: Hier’s jou opsies

EKSLUSIEF: Krieketlegende Jacques Kallis trou

Koninklike bruide: Meghan, Kate, Diana

Trougaste se 7 wenke vir die bruidspaar