Die Kaapse modeontwerper Suné Snyman het al die mooiste rokke vir die aktrise Simoné Nortmann en aanbieder Minki van der Westhuizen gemaak.

"Maar om trourokke te ontwerp is veral my passie!" het Suné, eienaar van Suné Snyman Designs en dosent aan die FEDISA-modeontwerpskool, aan SARIE.com verklap.

Suné Snyman het al rokke vir bekendes soos Minki van der Westhuizen, Marciel Hopkins en Simoné Nortmann ontwerp.

Haar top-wenk vir toekomstige bruide?

Gaan pas verskillende rokstyle aan. "Selfs al word jou rok ontwerp en gemaak. Dis belangrik dat jy weet watter style op jou lyf werk en watter nie. Ek vra altyd vir my bruide of hulle vooraf gaan rokke aanpas het."

Die detail op die rok se moue was met die hand vasgewerk. "Dit het ure geneem!" verklap Suné.

Die goue reël vir die ontwerp?

"Less is more." Volgens Suné moet die hele prentjie in gedagte gehou word wanneer 'n rok ontwerp of uitgekies word. "Van die hare, die skoene, die grimering en die sluier. Alles is belangrik!"

Bruide moet ook weet watter wit by hul gelaat pas. FOTO Verskaf

Volgens haar is 'n sluier dikwels die laaste ding waaraan bruide dink. "Maar dis veral belangrik waar die lyn van die sluier jou gaan 'sny'. As jy kurwes het, moet die lyn jou eerder in die middel sny, dis vleiender."

ONTWERP Suné Snyman Designs
ONTWERP Suné Snyman Designs

Die gewildste kleur vir strooimeisies?

Sitrien, 'n groengeel kleur, is op die oomblik gewild. "Dis 'n baie ongewone kleur, maar lyk treffend."

Volgens Suné moet bruide hul strooimeisies se liggaamstipe in gedagte hou. "Behou die kleur, laat dit dieselfde wees, maar laat die rokstyle verskil. So maak jy seker dat elke strooimeisie gemaklik en mooi voel."

ONTWERP Suné Snyman Designs
ONTWERP Suné Snyman Designs

En die ma van die bruid?

Basta met aardse kleure! "Ek glo hulle kan bold kleure dra. Kleure soos bottelgroen en kersierooi."

Die bruid se ma kan gerus met kleur speel. ONTWERP Suné Snyman Designs
Kersierooi is 'n kleur wat die ma van die bruid kan oorweeg. ONTWERP Suné Snyman Designs

SARIE Bruid is propvol idees.

Vir nog idees kry die jongste SARIE Bruid.