Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence was ’n bruidsmeisie by haar broer Blaine se troue. En ons is mal oor die kleurskema van die troue!

Die troue wat in die noordelike halfrond se herfs gehou is, is op die voorblad van die nuweMartha Stewart Real Weddings-tydskrif. Jennifer was een van die 11 bruidsmeisies van haar skoonsuster. Die bruidsmeisies het nie almal dieselfde rok gedra nie, maar al die rokke was ivoor-kleurig.

 Martha Stewart Weddings  Martha Stewart Weddings

Dié rokke pas by die natuurlike en pastel-palet van die troue. Kyk hoe pragtig is die blomme en tafeldekor!

FOTO:  Martha Stewart Weddings  FOTO: Martha Stewart Weddings

FOTO:  Martha Stewart Weddings  FOTO: Martha Stewart Weddings

Die bruid se rok is ontwerp deur Monique Lhuillier, wat ook Stacy Keibler, Alicia Silverstone, Ashley Simpson, Robbie Williams se vrou, Ayda, Britney Spears (troue met Kevin Federline), Pink en Reese Witherspoon se trourokke ontwerp het.

Blaine en sy vrou, Carson, het op ’n plaas in Kentucky getrou en 325 gaste het dié dag saam met hulle gevier.

FOTO:  Martha Stewart Weddings  FOTO: Martha Stewart Weddings

Kyk na nóg foto's van dié pragtige troue hier.