LISA (BRAUN) & RUSSELL SWANEPOEL

Die woud op die Shalwyn-suikerrietplaas in KwaZulu-Natal het net die regte agtergrond gebied vir Russell en Lisa se intieme wintertroue. Items eie aan Afrika (dink diervelle en fynbos) is gekombineer met tradisionele Skandinawiese elemente, aardse kleure en ’n tikkie glans vir ’n luukse boho-fees. Die paartjie leef na aan die natuur en wou graag hul mooiste oomblikke met familie en spesiale vriende deel in ’n omgewing wat uitdrukking gee aan hierdie liefde.

Vriendin, strooimeisie en troubeplanner Joelene Botha van Oh Happy Day het haar deur die omgewing laat inspireer om seker te maak dat die dekor- en kleurkeuses soomvry by die natuurskoon aansluit. Lisa se romantiese rok kom van ver! Nog ’n vriendin, Michelle Peters, het dit spesiaal uitgekies terwyl sy op reis was in Indië. Lisa was met die eerste oogopslag gaande oor die rok van vleeskleurige maasstof wat so goed gepas het by hul aardse, dog glansryke tema.

troue
Hand-aan-hand die toekoms in. Die paartjie woon in Essenwood, Durban. FOTO Carmen Roberts
trou
Lisa en Russell in hulle eie winterwonderland. FOTO Carmen Robert
koek
FOTO Carmen Roberts
trou
Lisa, ’n aankoper van vrouemodes, het haar strooimeisies se rokke só gekies dat dit ’n glansryke ensemble gevorm het sonder om unieke styl prys te gee. FOTO Carmen Roberts
trou
Die berese trourok! Die wye romp, met onderlae van blospienk maasstof en chiffon, is ná die seremonie verwyder om die rok in ’n modieuse noupassende nommertjie te omskep. FOTO Carmen Roberts
trou
Russell en Lisa het ontmoet toe hy haar persoonlike afrigter was. Deesdae is hy die eienaar van CrossFit Shumba. FOTO Carmen Roberts
foto
Die gelukkige paartjie, omring deur die natuur wat hulle so na aan die hart lê. FOTO Carmen Roberts
koeke
Lisa se vriendin, Danielle Wright, het die twee troukoeke gemaak: ’n soet een geïnspireer deur Panetonnekoekstruif (Lisa se gunsteling) en ’n sout een met kase van die omgewing se suiwelplase. FOTO Carmen Roberts
foto
Die metaalblaar-haarband wat Lisa in haar sagte opstyl gedra het, het die goue kleur van haar belt geëggo. FOTO Carmen Roberts
troue
Russell en sy strooijonkers, gemaklik geklee in chinos en hemde, met dasse of strikdasse. FOTO Carmen Roberts
foto
Russell se meng-en-pas uitrusting is sorgvuldig bymekaargesit deur modekenner Lisa. Sy het haar bruidegom se klere by verskeie winkels in Londen gekoop tydens ’n sakereis. FOTO Carmen Roberts
foto
Pampaspluime, droë fynbos en bloekomtakkies het oral plek gevind. Die bruid en haar gevolg het die KwaZulu-Natalse platteland platgery om genoeg pampasgras te pluk. Feetjieliggies en lang, wit kerse het glans verleen aan die aardse dekor. FOTO Carmen Roberts
trou
Die dag se feestelikhede is mooi en eenvoudig vir gaste uiteengesit. Vir die ‘We snack’- deel het die paartjie besluit op ’n eg Suid-Afrikaanse spyskaart wat herinner het aan hul grootwordjare. Daar was onder meer braaivleis met vetkoek en malvapoeding, voorgesit met vla. FOTO Carmen Roberts
faux
Faux pels op die houtbankies het die sit warmer en gemakliker gemaak. FOTO Carmen Roberts
c
FOTO Carmen Roberts
trou
Die paartjie het die dansbaan op Tina Turner se 1983-weergawe van Let’s Stay Together geopen. Bokant die dansvloer het sagte draperings van wit en blospienk materiaal oor droë houtstompe uit die dak gehang en feetjieliggies het hul romantiese skynsel daarteen gegooi. Die bruidspaar het die stompe self versamel en in die dak gehang. FOTO Carmen Roberts


VERSKAFFERS:

Venue Shalwyn Venue & Conference Centre, 073 296 8131 – www.shalwyn.co.za; leanne@shalwyn.co.za

Troubeplanner Joelene Botha van Oh Happy Day, 079 277 8844 – www.ohhappyday.co.za; info@ohhappyday.co.za

Fotograaf Carmen Roberts, 084 514 5230 – www.carmenroberts.com.au; carmroberts@gmail.com

Videograaf James Peters, 073 392 4829 – www.jamespeters.co.za; info@jamespeters.co.za

Blomme Oh Happy Day

Spyseniering Hamblin’s Catering, 033 345 2009 – www.muirheadshiring.co.za; info@hamblinscatering.co.za

Grimering Brittany Jane Make Up and Hair, 073 005 9670 – info@brittanyjane.co.za

Hare Claire van Fusion Hair, 083 642 3373 – clairecarter@ymail.com

Lees ook:

REGTE TROUE: Wintertroue in die Breedekloofvallei

Bespaar so op jou troue

Jou lys van doendinge vir jou troudag