SIMONE (VASQUES) & DREW POPPLETON

FOTO’S: SHANAY GROENEWALDT VAN SHANAY GREENE PHOTOGRAPHY

Die paartjie se troudag, propvol lentekleure en -geure, was ’n vrolike viering van die liefde en die lewe – dink wit rose, groen loof en ’n bruid wat blom in ’n dromerige blospienk skepping. Ook die gaste het die lente-sjiek dragkode ten volle omarm met uitrustings in lentekleure en vol blommotiewe. Die onthaal by die Inimitable-venue op Muldersdrift, net Noord van Krugersdorp, was vir die gaste ’n prettige verkenningstog waar hulle, onder meer, kon kies uit verskillende geregte net soos by ’n regte kosmark. Die onthaalsaal, getooi in dofblou tafellopers, kerslig en ’n magdom naked gloeilampies, was super-stylvol, maar nie sonder speelse verrassings nie – soos ’n sjokolade-gevulde piñata-troukoek en doughnuts teen ’n muur. Drew, ’n prokureur, en Simone, ’n berader, se liefdesverhaal het nege jaar gelede begin toe hulle mekaar as tieners ontmoet het by ’n jeugkamp in Johannesburg.

Bob bridal hairstyle
Simone se dramatiese blomoorbelle is van Lovisa. Haar gladde bob het ’n kontemporêre kinkel verleen aan die romantiese voorkoms. Drew was propvol ouwêreldse sjarme in sy militêre styl-pak in ’n kleurmengsel van boergonje en bessierooi. Sy geblomde strikdas en sakdoek is van LoveDavid.
White infinity dresses bridesmaids
Die strooimeisies het infinity-eenstukke gedra wat elkeen volgens haar eie styl kon stileer.
Oksana Mukha wedding dress
Simone en haar ouers, Mark Rosenberg en Alex Viljoen.
Burgundy military suit groom
Drew het gewys waarom moderne mans nie hoef bang te wees om af te wyk van tradisionele troustyle nie.
Muldersdrift wedding
Die paartjie het in die indrukwekkende glaskapel onder ’n welige boog van wit rose en groen loof getrou. Simone se 90-jarige ouma het haar bruidsruiker – wit rose met ’n lang satynlint – gemaak. Op versoek van die bruidspaar het hul ouers saam met hulle kansel toe gestap.
Oksana Mukha wedding dress
“P” vir Poppleton … en vir PRET!
Oksana Mukha wedding dress
Lieflik soos ’n lentebloeisel: Simone se tweestuk-trourok is uit die versameling van die Oekraïense ontwerper Oksana Mukha. Die lyfkous het appliekwerk van kantblomme en die deurskynende organzaromp ’n weelde van organzablomme en -skoenlappers in warm blospienkskakerings. Simone het twee tulle-lae in verskillende skakerings van pienk by die romp gevoeg om dit effe minder deurskynend te maak.
Wedding vows
Die paartjie het ’n slot aan ’n perspeksbord gehang as simbool van die verseëling van hul liefde. Hulle beplan om jaarliks nog ’n slot by te voeg. Simone se katedraallengte-sluier is kunstig agter haar kop vasgemaak met ’n goue blaarversiering.
Oksana Mukha wedding dress
Oksana Mukha-trourok
Piñata wedding cake
Pleks van ’n troukoek, het die paartjie besluit op ’n prettige drielaag-piñata“koek” gevul met Lindt-sjokolade
Doughnut wall
Doughnuts teen ’n muur vorm ’n speelse (en smullekker!) dekorelement.
Beautiful engagement ring
Drew het Simone in Engeland verras met die jawoord.
Blue and white wedding
Die kleurskema in die onthaalsaal was dofblou en wit.
Muldersdrift wedding, Inimitable Wedding Venue
Feetjieland in die lente: Die onthaallokaal was soos iets uit ’n sprokie met gloeilampies, feetjieliggies en blommerangskikkings wat uit die plafon gehang het, en romantiese kerslig tussen loof op die lang tafels.
Wedding suit, pants bride
Simone het vir hul eerste dans (’n lekker sokkiejolnommer in pure Mamma Mia-styl) ’n ontwerpersbroek van wit satyn by haar lyfkous aangeglip.


VERSKAFFERS

Venue: Inimitable Wedding Venue, Muldersdrift – 071 604 2795; www.inimitablevenue.com

Troubeplanner, dekor & blomme: Zavion Kotze Events Company – www.zk-ec.com; zavion@zk-ec.com

Spyseniering: Andrew Draper – 082 696 6669; andrew@andrewdraper.co.za

Fotograaf: Shanay Greene Photography – Info.shanaygreene@gmail.com; www.shanaygreene.com

Trourok: Ontwerp deur Oksana Mukha en gekoop by The Bridal Room – 064 757 6622; www.bridalroom.co.za; pta@ bridalroom.co.za

Sluier: White Lilly Atelier – www.whitelillybridal.com; info@whitelillybridal.com;

Bruid se oorbelle: Lovisa – www.lovisa.com

Hare: Tiffany van JK Ginger – 011 326 7456; www.g4ginger.co.za

Grimering: Björn Adams van MAC – www.maccosmetics.co.za

Bruidegom se pak: Bogart – www.bogart.co.za

Strooimeisieklere: Bibi Rouge – www.bibirouge.com; sabrina@bibirouge.com


SARIE Bruid 2019
Dié troue verskyn saam met 8 ander in SARIE Bruid 2019, landwyd op winkelrakke beskikbaar