Die Suid-Afrikaanse atleet Muntingh Hamman, wat lag-lag oor enige hekkie kan spring, het onlangs met sy sielsgenoot, Marise, getrou. Die bruilof het by die pragtige Lezar-opstal buite Heidelberg plaasgevind. 

FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography

Onder die gaste was talle bekendes in die atletiekwêreld, soos die atleet-paartjie LJ en Irvette van Zyl. 

En Binnelanders-akteur Ramey Short en sy meisie, Loricia Bruwer, was by om die pragtige troue vas te lê. Die paartjie het in 2015 hul eie ateljee, LORA Photography, begin en het sedertdien talle troues van bekendes afgeneem.

Die akteur Ramey Short en Loricia Bruwer, mede-eienaars en fotograwe van LORA Photography. FOTO Verskaf deur LORA Photography

Volgens Loricia het Muntingh en Marise vir niks teruggedeins nie en kon die mooiste foto’s van die dag geneem word. 

"Ons het hulle gevra om ’n koppie uit te klim sodat ons die ongelooflike oomblikke van die sonsondergang kon vasvang. Sonder huiwering het Muntingh ja gesê en sommer vir Marise opgedra tot heel bo! Ons het net 30 minute gehad tot die son sak en moes vinnig klim, maar dit was die moeite werd gewees!"

Gelukkig was die twee gemaklik voor die kamera, voeg Loricia by.

FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography

Loricia en Ramey se grootste raad vir enige bruidspaar is om die dag net te geniet. "Al die werk en beplanning is klaar gedoen vir jul groot dag, so be in the moment. Ons [die fotograwe] is daar om elke oomblik van julle dag vas te vang. Julle is dus in goeie hande! Wees ook net julself, die foto’s sal meer natuurlik uitkom."

Kyk die die pragtige troufoto’s deur LORA Photography:

FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography
FOTO LORA Photography

VERSKAFFERS

Fotograwe: Lora photography

Venue en spyseniering: Lezar-opstal

Blomme en dekor: Country flair

Trourok: Melissa Smith van Pongola, KwaZulu-Natal

Bruidsmeisies rokke: Danielle oosthuizen van Frankfort, Vrystaat

Grimering: Jeane Botha

Hare: Riana Rust van The Hair Lounge, Frankfort

Troukoek: Stories