In 2015 was die fisioterapeut Hané van Schalkwyk een van SARIE se Voorbladgesig-finaliste. Nóú, twee jaar later, het sy ’n nuwe lewenshoofstuk aangepak as pasgetroude. Saam met haar op hierdie opwindende reis is haar dokter-man, Ulrich Carshagen.

Hané deel spesiaal haar groot dag met ons!

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

Die beeldskone Hané en haar geliefde Ulrich het op 18 Maart ewige trou aan mekaar beloof voor 135 gaste. Die spesiale dag het by die White Light-trouvenue buite Lanseria, in Gauteng, plaasgevind.

"Ons dag het al my verwagtinge oortref. Ek was so rustig, ek kon alles inneem. Dit was net ongelooflik," vertel Hané aan SARIE.com.

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

Hané se pragtige rok is deur Casey Jeanne Atelier ontwerp. En haar treffende dog natuurlike grimering is deur SARIE se 2013-Voorbladgesig-wenner, Marike Nel, gedoen.

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

Sy het op maat van die Hillsong-liedjie "Streets of Mercy" ingestap.

"Dit het onwerklik gevoel, ek was opgewonde toe ek Ulrich sien. Ons dag was regtig spesiaal, omring deur geliefdes."

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

En die troukoek?

"Sjoe, dit was een van die hoogtepunte. My ma het die koek gebak – dit was ’n wortelkaaskoek."

FOTO Mighty Fine Productions

FOTO Mighty Fine Productions

Verskaffers

Fotograaf: Mighty Fine Productions

Trourok: Casey Jeanne Atelier

Trouvenue: White Light van Forum Weddings