Sy het die wêreld verras met haar unieke trourok uit haar koningin-ouma se klerekas. Prinses Beatrice het onlangs ewige trou aan Edoardo Mapelli Mozzi beloof.

Sy het pragtig gelyk in 'n Norman Hartnell-skepping met kralewerk wat haar ouma, koningin Elizabeth II, in 1962 na die première van Lawrence of Arabia gedra het. Natuurlik het die jong prinses die rok effe verstel, soos die soom wat aangepas is en die pofmoue van organza wat bygevoeg is.

Maar enigeen kan inspirasie by prinses Beatrice se trourok vind!

Dié rokke wat in SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste se troukas hang, pronk met dieselfde mooi detail: Van 'n klassieke silhoeët tot 'n sy-romp en bostuk met kralewerk. Elke rok op dié lys bevat 'n element van prinses Beatrice se rok. En duidelik is vintage die nuwe gier.

Unieke moue

Met die regte mou kan enige rok koninklike flair hê. Van 'n kapmou tot 'n langer mou met fyn detail daarop.

Klassieke silhoeët

Beatrice se rok het 'n klassieke silhoeët. Vind inspirasie in 'n romp van sy wat wyd uitklok vanaf die middel.

Kralewerk op bostuk

Die unieke kralewerk op die bostuk van Beatrice se rok het net die regte stelling gemaak: Dis uniek, mooi en besonders. Hetsy vintage, modern of boheems, enige styl word gekomplementeer deur die regte krale-detail.

Vir meer rokke (én inspirasie) gaan na SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste.