1. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie 2013 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenner word in ’n latere uitgawe van SARIE bekendgemaak.

2. Slegs inskrywings wat korrek op sarie.com gedoen word, sal aanvaar word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.

3. Paartjies wat tussen 1 Februarie 2012 en 28 Februarie 2013 in Suid-Afrika trou, mag inskryf.

4. Alle ekstra uitgawes soos drankies, lughawebelasting, fooitjies, ens., is uitgesluit.

5. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Media24, enige van die borge van die wedstryd, reklame-, advertensie- en digitale maatskappye betrokke of hul huweliksmaat, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, besigheidsvennoot of enigiemand anders met hegte verhouding met dié persoon, mag deelneem nie.

6. Inskrywings moet een vollengte-, een kop-en-skouers-naby-kleurfoto en een foto van jul keuse insluit.

7. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE BRUID. Alle foto’s mag in SARIE, SARIE BRUID en op sarie.com gepubliseer word.

8. Enige paartjie wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, sal gediskwalifiseer word. Indien die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.

9. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan die wedstryd gekoppel is.

10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.

11. Pryse ?is nie verhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

12. SARIE BRUID bied die wedstryd namens World Leisure Holidays, Arthur Kaplan Jewellers, Elie Saab, @home en Michel Herbelin aan as diens vir haar lesers. Die borge voorsien en is verantwoordelik vir pryse.

13. Hotelverblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.

14. Media24, direkteure en werknemers asook die wedstrydborge, hul families en digitale en bemarkingsagentskappe word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë deelname aan die wedstryd of benutting van pryse.

15. Met die inskrywing stem elke paartjie in om by die reëls te hou.

16. Die wedstryd is onderhewig aan die toepaslike regulasies en wette.