Anneri en Pieter Carinus is aangewys as SARIE se Bruidspaar van die Jaar 2012/2013. As deel van dié prys het hulle ’n wittebrood na Mauritius gewen. Hulle deel hul foto's met SARIE.com.

"Dit was definitief ons lekkerste vakansie nog," sê Anneri in ’n dankie-brief aan SARIE. Sy en Pieter het twee weke gelede teruggekom van hul Mauritius-vakansie af.

"Ek en Pieter het nooit gedroom dat ons die wenpaar sou wees nie en nog minder dat ons só ’n lekker vakansie sou wen. Dit het vir ons gevoel asof ons van voor af op ons wittebrood is," sê sy.

Kyk hier na Anneri en Pieter se vakansiefoto's in Mauritius

anneri carinus

anneri carinus

Kyk HIER na 2013/2014 se inskrywings vir SARIE se Bruidspaar van die Jaar-wedstryd.