Die sosiale vlinder, model en aktrise Olivia Palermo en die Duitse model Johannes Huebl het ewig trou aan mekaar beloof, berig E!Online.

Olivia het omtrent die asem weggeslaan tydens haar private seremonie in Bedford, New York. Die 28-jarige het ’n Carolina Herrera-pragskepping gedra en beskryf haar unieke driestuk-uitrusting, wat sy self gestileer het, breedvoerig op haar blog.

Sy was geklee in ’n kasjmiertrui met voëlstruisvere, ’n vol romp met ’n hoë spleet en ’n bypassende kortbroekie.

Tog was dit nie haar kortbroekie wat die meeste aandag getrek het nie, maar wel haar skoene! Olivia het presies dieselfde paar blou Manolo Blahniks aan haar voete gehad as wat Carrie Bradshaw tydens haar trouseremonie met Mr. Big in die TV-reeks Sex and the City gedra het.

 oliviapalermo.com oliviapalermo.com

En die bruidegom het glad nie afgeskeep gelyk in sy noupassende wit Marc Anthony Hamburg-pak en donkerblou Charvet-das  nie.

FOTO: Blog  oliviapalermo.com  FOTO: Blog oliviapalermo.com

Bron: E!Online