Op 6 Oktober 2018 is Tana Ferreira, SARIE se Voorbladgesig 2012, tussen hemel en aarde getroud.

Voor 80 gaste het sy haar liefde aan Martin van Rooyen verklaar by The One Heaven and Earth, in die Overberg se Hemel-en-Aarde-vallei.

"Ek het nog nooit so seker oor enigiets gevoel nie. By verre die beste besluit," het Tana aan SARIE.com gesê. 

Haar rok, wat deur Zanne Couture ontwerp is, was sag en romanties. "En dit was gemaklik! Ek is mal oor my rok en kan nie glo dat ek dit net een keer mag dra nie."

SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler
SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Tana Ferreira
SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler

Die oomblik toe sy saam met haar pa by die paadjie afgestap het, was baie spesiaal. "Ek was vreeslik oorweldig ... Die simboliek agter my pa wat my aan my man oorhandig, het my werklik geraak."

SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler

Vir Martin was die hoogtepunt van hul bruilof om "ja" te kon sê. "Die seremonie was iets besonders, die Heilige Gees se teenwoordigheid was tasbaar. Ek kon nie vir 'n beter oomblik gevra het nie - of vir 'n beter mens."

SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler
SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler
SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler

Martin meen Tana se mooiste eienskap is haar egte hart. "Sy dra haar hart op haar mou en ek weet altyd waar ek met haar staan ... Sy is werklik lief vir my."

En Tana, wat Martin as 'n lojale en eerlike mens beskryf, het baie by hom geleer. "Hy is my vashouplek en my huisie. Ek het by hom geleer om vinnig te vergewe en om sag te werk met myself."

SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler

Meneer en mevrou Van Rooyen het die dansbaan op Vance Joy se "Saturday Sun" geopen.

En die tema? "Ons troue was romanties met sagte pienk en blou en aardse kleure. Ons gaste moes ook volgens dié kleurskema aantrek."

Tana, 'n grafiese ontwerper en illustreerder, het vir elke gas iets geteken!

SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler
SARIE Voorbladgesig Tana Ferreira trou!
FOTO Julia Winkler
Tana Ferreira, SARIE Voorbladgesig, trou
FOTO Julia Winkler

Vir die Van Rooyens sal 6 Oktober 2018 altyd 'n hoogtepunt wees. 

VERSKAFFERS

FOTOGRAAF: Julia Winkler

TROUROK: Zanne Couture

GRIMERING: Clarita Smit

VENUE: The One Heaven & Earth

TROUKOEK: Delicately Different