Meghan Markle, hertogin van Sussex, se trourok het die aandag opnuut na die halslyn verskuif. Háár rok met sy boothals werk veral om 'n mooi nek en skouers te beklemtoon en die heupe te balanseer.

Maar daar is nog 'n trourok-trend waar die fokus ook op die hals is maar dit het 'n heeltemal ander snit: dié met 'n lae halslyn.

Hoekom is dit so gewild? Dis sexy, maar steeds stylvol vir bruide. Dit laat jou boonop langer en slanker vertoon.

FOTO: Instagram @madewithlovebridal

Die snit is veral vleiend vir vroue met kleiner borste. Onthou, die hals is baie laag, wat beteken jy kan nie 'n gewone bra daarby dra nie. 

Hou jy van die styl maar jy het groter borste? Kies dan eerder 'n V-nek wat groter ondersteuning bied en waarby jy 'n gewone bra kan dra.  

Die aktrise Julianne Hough se tweede trourok is 'n goeie voorbeeld van 'n sexy laehals-styl.

A post shared by Brooks Laich (@brookslaich) on

Hier volg 'n paar wen-rokke:

 SARIE Bruid, nóú op die rakke, wys ook verskeie ander opsies waaruit jy kan kies.

SARIE Bruid 2018