Tussen Kaapstad se wolkekrabbers het die akteurs Cintaine Schutte en Carel Nel hul liefdesbriewe vir mekaar voorgelees. Daar is feesgevier en gedans, gejubel ook. Want toe wen die Springbokke mos die Wêreldbeker op hul spesiale dag.
Ek is só opgewonde.” Cintaine oor en oor voor die groot dag. “Kaapstad is ons stad en ons is liéf vir die plek. Hiér het ons ontmoet, vir mekaar lief geraak en saam ons lewe gebou. Dis boonop een van die mooiste plekke in die wêreld. Ek en Carel is stadsmense, love die vibe, die gons daarvan.
Vanaf Nasdak, op die 26ste verdieping van die Media24-sentrum waar die troue gehou is, kan jy boonop oos, wes, noord en suid die Moederstad in al haar glorie waarneem. En fotograaf Jenni Elizabeth het “koel” stadsfoto’s geneem.