Jan de Klerk en Melissa Kock het saam op Stellenbosch gestudeer, maar mekaar eers later persoonlik leer ken.

“Ek het altyd gedink sy is ’n pragtige meisie. Toe ek ’n date moes kry na ons koshuis se huisdans, het ek haar nommer in die hande gekry om haar te vra. Die dans was die lekkerste dans waar ek al ooit was. Melissa moes drie maande later haar gemeenskapsdiensjaar op Humansdorp begin, maar ek het besef ek kan nie die meisie laat gaan nie,” vertel Jan.

FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

’n Langafstand-verhouding en ’n paar jaar later vra Jan toe die groot vraag – op ’n baie unieke manier.

Jan se spandokter het Melissa een Saterdagoggend gebel en gesê hy is tydens sy oefening beseer. Melissa het in trane na die hospitaal gejaag waar sy die beseerde Jan in ’n Moon Boot op sy bed aangetref het. Toe Melissa weer sien, haal hy die stut af, gaan op sy knieë en vra haar om te trou. Perdfris en blakend gesond!

FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

Vriende en familie van reg oor die wêreld het saam kom feesvier toe die paartjie op 9 Junie op Nooitgedacht buite Stellenbosch trou. En die koue reëndag het nie bruid óf bruidegom gepla nie. Dit het dit dag net nog meer spesiaal gemaak, sê hulle.

FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

Melissa wou eers nie ’n wintertroue hê nie, maar Jan se rugby het die moontlike datums beperk. “Ek is nou baie bly ons het in die winter getrou, dit was romanties en intiem. Die son het heelweek geskyn, en met die waterbeperkings wou ons nie die reën wegbid nie. Toe ons Saterdag wakker word, het die druppels geval. Ons was baie geseën: Toe ons moes foto’s neem, was daar ’n heerlike sonnetjie,” vertel sy.

Belangrike aspekte van die troue was die kos en samesyn. “Nooitgedacht se koningskos was uit die boonste rakke! Dit het gevoel soos ’n Sondagmiddag by die huis. Toe ek die volgende oggend wakker word, het ek gewens ek kon weer van die kos eet,” lag Melissa.

FOTO Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

Musiek was belangrik om die gaste in die regte bui te sit. “Ons was by ’n troue waar ons gehoor het van Kryptobeat en het toe vir DJ Eddy bespreek. Die gaste het tot twee-uur die oggend gedans en wou nie ophou nie! Onthou om aan die begin van die aand vir die ouer mense musiek te speel, en later in die aand vir die jonger mense.”

Melissa het ook ’n slim plan bedink vir haar servette. “My servette is spesiaal ontwerp en die blomme op linne gedruk by Art Lab in Woodstock. Blomme vergaan, maar nou het ek altyd hierdie linne. Ek gaan vir elke vrou naby aan my ’n paar servette gee – hiermee kan hulle ook die dag onthou.”

FOTO Jana Marnewick Photography

Die troufotograaf is ’n belangrike aspek van jou troue. “Jy moet gemaklik wees met die fotograaf omdat die foto’s eintlik al visuele element is wat jy oorhou. Ons fotograaf, Jana Marnewick, was ’n maklike en natuurlike keuse omdat ek haar al van universiteitsdae ken.”

Enige verrassings? “Die aand voor ons troue het ons ’n groot konstruksievoertuig buite die kerk gewaar. Ons is gerusgestel dat dit die volgende oggend geskuif gaan word, maar toe ons die oggend daar kom, staan die groot masjien nog daar. Een van my blommemeisies se man werk ook in die konstruksiebedryf en hy het ’n sleutel in Blouberg gaan haal, in die voertuig geklim en dit geskuif – net soos ek by die kerk opgedaag het!”

FOTO: Jana Marnewick
FOTO: Jana Marnewick
FOTO: Jana Marnewick

Melissa se raad aan ander bruide is om nie onnodige druk op jouself te sit nie en die dag te geniet. “Mense sê ’n troue is die beste tyd van jou lewe, maar die troureëlings was baie stresvol vir my omdat ek twee beroepe gehad het en ook nie ’n troubeplanner nie. Ek het daarvan gehou om die kreatiewe kant te behartig, maar die admin-kant was vermoeiend. Ek sal dus aanbeveel dat jy ’n troubeplanner gebruik. Darem het ek ’n persoonlike verhouding met meeste van my verskaffers gehad, wat definitief gehelp het.”

Jan sê jy moet jou begroting in ag neem, maar hy besef ook dat vroue dikwels van kleins af droom oor ’n mooi prentjie. “Mans soek net ’n lekker kuier, maar ek het besef dat ander dinge vir Melissa ook belangrik is. Al kan ek nie die verskille sien tussen een patroon of kleur en ’n ander nie, is dit vir haar weer spesiaal.”

En hoe kies jy ’n trourok? “Voor ek finaal gekies het, het ek twee mense gehad wat ek moontlik sou gebruik. Op die ou einde moet jy ’n ontwerper kies met wie jy goed oor die wegkom. Dit moet iemand wees wat jy kan vertrou. Een persoon het my trourok, al my bruidsmeisies se rokke en my ma se rok gemaak!”

FOTO Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

Die getroude paartjie woon tans in Claremont, en vir al twee is hulle lewe saam ’n baie groter opwinding as die troudag self. “’n Rugbyspeler se omstandighede is soms onseker, maar ons sien uit na die pad wat voorlê,” vertel Jan.

“Ons al twee hou daarvan om nuwe plekke te ontdek, so oorsee wink ook. Al weet ons nie altyd wat die toekoms inhou nie, is dit lekker om te weet dat Melissa aan my sy is. Dis lekker om huis toe te ry met die wete dat die ander een wag vir jou. Ek sien baie uit daarna om ’n lewe saam met haar te bou.”

Hier is nog pragfoto's:

FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography
FOTO: Jana Marnewick Photography

Verskaffers:

Fotograaf: Jana Marnewick 

Videograaf: Aletta Francina 

Trou-rok: Lena-Lisa

Strooimeisies en ma van die bruid se rokke: Lena-Lisa

Bruid en strooimeisies se kamerjasse: Tesi 

Bruid se grimering: Chane de Jager 

Strooimeisies se grimering: Estelle Pretorius

Bruidegom se pak: The Tailor shop

Bruidegom se skoene: Diomande

Bruidegom en strooijonkers se dasse: My Bro Tie

Bruidegom en strooijonkers se kouse: SockBox SA

Bruidegom se leersak: Sand

Dekor en blomme: Prickly Pear

Skryfbehoeftes en ontwerp: Maryke Le Roux 

Druk van die servette en muurafdruk: Artlab 

Troukoek: Flour Baked GoodsKoffie by die troue: Damascus Road Coffee Co

"Pre-drink"-siders: Thirsty Scarecrow

Jazz-musiekgroep: Kwod-Roaches Jazz Band

DJ: DJ Edwin Deyzel

Troukar: SA Classics (e-pos info@saclassics.com)