In 2014 het Monique Sutherland die titel as SARIE Voorbladgesig verower. Nou is sy nog ’n titel ryker: dié van Mev. Brits.

FOTO Suikerbekkie Fotografie

FOTO Suikerbekkie Fotografie

Die beeldskone donkerkop is op 16 Junie by Pont de Val op die oewer van die Vaalrivier met die liefde van haar lewe, Kelvin Brits, getroud. En die dag was absoluut perfek! 

“Die hele dag was baie spesiaal, maar die beste was om ná nege jaar uiteindelik mev. Brits te wees en met my beste vriend getroud te wees. En dit te vier saam met almal waarvoor ons lief is,” het Monique aan SARIE.com vertel.

FOTO Suikerbekkie Fotografie

FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie

Die liefde blom al vir nege jaar tussen die paartjie. Maar hoe het Kelvin die groot vraag gevra? 

“Op 19 Desember 2015 het hy my drie-uur die oggend heel benoud wakker gemaak en gesê hy het iets wat hy vir my moet sê. Heel bekommerd is ek saam met hom sitkamer toe.

“Net daar gaan hy op sy knieë. Nadat hy sy liefde verklaar het, het ek ingespring en ja gesê. Dis vir my so spesiaal … In my nagklere en met deurmekaar hare het hy gedink ek is perfek. Ek hoef niks te verander vir hom nie, en hy ook nie vir my nie.”

FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie

FOTO Sukerbekkie Fotografie

Monique sê Kelvin het self heelwat insette gelewer en ook sy eie pak gekies. En het hy sy beeldskone vrou nie verras met hoe aantreklik hy gelyk het nie! “Baie bruide vergeet soms dat dit ’n ewe belangrike dag in ’n man se lewe is,” sê Monique.

FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie

Haar raad aan toekomstige bruide? Geniet elke oomblik!

FOTO Suikerbekkie Fotografie
FOTO Suikerbekkie Fotografie

Maar nou wil die paartjie net mekaar en die wittebrood geniet. 

Fotograaf: Suikerbekkie Fotografie (facebook.com/Suikerbekkiefotografie)

Venue: Pont de Val

Grimering: Mone Swanepoel (www.instagram.com/mone_swanepoel)