SARIE Bruid is van vandag af op die rakke - propvol wenke en die nuutste tendense vir troues. Een van die grootste trourok-trends het 'n bruid dié naweek gedra.

Daisy Jenks, 'n videomaker van Londen, is met haar geliefde, die beleggingsbestuurder Charlie van Straubenzee, getroud. En sy strooijonker was niemand anders as prins Harry nie. Die twee is al van skool af bevriend. Meghan, wat Saterdag 37 geword het, was natuurlik ook daar. 

Die hertogin het pragtig gelyk in 'n geplooide romp in vlootblou, groen en pienk.  

En kyk net watter mooi paartjie maak Harry en Meghan: 

Maar niemand het die kollig van die bruid gesteel nie! Daisy het ongelooflik mooi gelyk in haar moulose trourok met 3D-blomme - die einste styl wat een van SARIE Bruid se top-tendense is.

Wat dink jy van die rok?

 

Trou jy? Moet dan nie SARIE Bruid misloop nie! 

SARIE Bruid 2018