Wes-Kaap

1. Bosveldtroue in die Kaap

Bushmans Kloof Wilderness Reserve and Wellness Retreat, Clanwilliam

Gee mekaar die ja-woord onder die wildernis se sterre. Hierdie Suid-Afrikaanse erfenisgebied met sy oeroue rotskuns lê in die ruigtes van die Cederberg, sowat 270 km vanaf Kaapstad.

FOTO: Instagram / @bushmanskloof

Bolandtroue met ’n kinkel

Backsberg-wynlandgoed, tussen Klapmuts en die Paarl

Met paartjies wat hul seremonie hier in die geskiedkundige wynkelder kan hou, bied Backsberg iets anders as die gewone wingerdtroue. Die landgoed is aan die heuwels van Simonsberg met pragtige uitsigte.

FOTO: Instagram / @_kayleighb


Jolig langs die Weskus

Bosduifklip, Lambertsbaai

’n Venue waar jy dadelik tuis sal voel. Die naam kom van ’n groot rotsformasie op die plaas waar bosduiwe graag nes bou. Die eienaars, Kobus en Aletta Engelbrecht, berei fantastiese tradisionele Weskus-seekos en outydse boerekos.

FOTO: Instagra, / @bosduifklip

 

KwaZulu-Natal

Edwardiaanse elegansie

Calderwood Hall, Boston

Hierdie eens afgeleë herehuis het aan ’n Skotse immigrantgesin behoort. Dis in 1902 gebou, maar ’n eeu later was dit heeltemal vervalle. Gelukkig is dit gerestoureer en nou die ideale venue vir paartjies op soek na ’n tikkie nostalgie op die Natalse platteland.

FOTO: Instagram / @ronneyclaassen
 


Gauteng

Troue op die trein

Rovos Rail, Pretoria

Vergeet van in ’n koets of vintage motor by jou troue opdaag, doen dit op ’n stoomtrein wat uit 1839 dateer! Die seremonie hou jy in die ou rooibaksteenstasiegebou, waarna jy en jou gaste ’n viergangmaal op die trein kan geniet terwyl dit om Pretoria ry. Agterna word die onthaal by die stasie voortgesit.

FOTO: Instagram / @rovosrail

Sprokie vir ’n stadskind

Shepstone Gardens, Mountain View, Johannesburg

Hierdie venue met sy pragtuine neem jou terug na ’n unieke tyd in die geskiedenis van die Goudstad. Dié wat nostalgies is, sal sommer dadelik verlief wees op die hoofgebou, nog die oorspronklike wat ná die Anglo-Boereoorlog met oeroue kwartsklip deur gevangenes gebou is.

FOTO: Instagram / @shepstonegardens
 

Noordwes

Glansryke skuurtroue

Snowflake-gebou, Potchefstroom

Hierdie gebou was in sy vorige lewe ’n meul en pakhuis en kortstondig ook ’n bierbrouery. Vandag is dit ’n retro-styl trouvenue wat perfek inpas by die huidige industriële trend. Bekendes soos Leandie du Randt en Bouwer Bosch het hier getrou.

FOTO: Instagram / @almarieviraltyd
 

Mpumalanga

Teatraal in die tuin

Cabbage and Rose Country Venue, Middelburg

As jy nog altyd ’n tuintroue wou hê, is hierdie venue perfek vir jou. In die glaskapel en -tuinhuis, deur Europa se glashuise geïnspireer, is jy omring deur die lieflike omgewing.

FOTO: Instagram / @cabbageandrosecountry
 


Vrystaat

O boereplaas, jou het ek lief ...

Oranje-gasteplaas, tussen Fouriesburg en Clarens naby die Lesothogrens

Hierdie venue is vir die plaaskind in jou. Hou jou droomdag plat op die aarde in die sandsteenskuur en -kerk, met die plaasdiere wat rustig wei en die son wat agter die asemrowende Rooiberge sak.

FOTO: Instagram / @renschemarie


Noord-Kaap

Romantiese riviertroue

Oranjerus Resort, Kanoneiland, 25 km vanaf Upington

 Jy trou letterlik langs die oewer van die rivier. Wat kan meer romanties wees?

FOTO: Instagram / @oranjerus