Bruidegom Dan en bruid Jackie Anderson van Minneapolis in Amerika wou saam met hul gevolg op ’n kaai vir ’n foto poseer, maar dié houtstruktuur het ander planne gehad.

Van die 22 mense is net een bruidsmeisie die 'waterdoop' gespaar... Kyk dié video hier:

Alhoewel die bruid, bruidegom én hul gevolg papnat was, het die onthaal net 10 minute laat begin, berig KMSP-TV.