SKRYF SÓ IN- 3 stappe

1. Klik vir die inskrywingsvorm.

2. Beantwoord die volgende vraag: Op watter bladsy begin die Bruidspaar van die Jaar-wedstryd in die nuutste SARIE BRUID-uitgawe (sien hooffoto bo)?

3. Hou ook 3 foto’s gereed

* ’n Nabyskoot van julle as ?’n bruidspaar,
* ’n vollengte-foto van ?julle twee,  
* en ’n foto van jou eie keuse. Onthou dat elkeen van dié foto’s kleiner as 4 MB en in ’n jpeg-formaat moet wees.

4. Deel ook in minder as 400 woorde jul liefdesverhaal en spesiale trou-oomblikke met ons. Sodra jou inskrywing suksesvol op sarie.com gepubliseer is, sal jy ’n e-posbevestiging kry met die web-adres van jou inskrywing. Stuur dit gerus vir jou vriende en familie sodat hulle kommentaar kan lewer en deel dit ook met al jou Facebook-vriende!

* Jy kan deur al die ander inskrywings vir dié wedstryd kyk op sarie.com/bruid.

DIS WAT JY KAN WEN

ROMANTIESE VERBLYF

Grande Roche

Grande Roche, aan die voet van Paarlberg, is in 2009 weer eens deur Condé Nast Traveller benoem as een van die wêreld se beste hotelle. Dié prag-eiendom bied ’n uitsig van die Drakensteinberge in die hart van die Kaapse Wynland.

Hier wag net die beste. Luukse verblyf, moderne dekor, ’n ryk erfenis en puik diens. Die hotel se restaurant, Bosman’s, is wêreldbekend. Elke ete is ’n belewenis.

Die hotel, met sy swembaddens, wandelpaadjies en fietsroetes is die ideale plek om te ontspan en van jou sorge te vergeet. Geniet ’n massering of gesigsbehandeling hier of in die privaatheid van jou suite. Grande Roche is ook ’n paradys vir gholfliefhebbers. En die kapel is die regte plek vir ’n romantiese huwelikseremonie.

* Die pryse sluit akkommodasie vir 3 nagte in met bed en ontbyt, een driegangete by Bosman’s Restaurant, ’n privaat-wynproe met die sommelier, retoer-vliegkaartjies van 1time asook vervoer tussen Kaapstad Internasionale lughawe en Grande ?Roche. Die prys sluit lughawe-belasting uit.

* Bykomende uitgawes is vir jul eie rekening.

* Die prys is geldig vir 6 maande vandat die wenner aangekondig is.

* Verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid, kan nie oorgedra word nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

* Bepalings en voorwaardes geld.

'n WARE LIEFDESVERHAAL

Forever Secret Diamond Collection van SternsForever Secret Diamond Collection van Sterns

Wat is nou meer klassiek as ’n diamantring? Sterns bied ’n pragtige ?versameling diamant-juweliersware, soos hierdie diamantringe van ?9-karaat witgoud met bypassende diamanthangertjie van witgoud.
Dié unieke, eksklusiewe versameling staan ??as die Forever Secret ?Diamond Collection bekend. Die woord “forever” is binne die ring ?gegraveer met ’n versteekte diamant in die letter “O”. ?Dis soos ’n geheime liefdesbriefie! Wen ’n juweliersware-geskenkbewys ter waarde van R7 500 van Sterns om jouself te bederf.

VARS BRIESIE

L'Eau d'Issey

Die wenpaar kry ’n luukse Issey ?Miyake geskenkpakkie ter waarde van R5 040. Dit sluit in: L’ Eau d’Issey, vars en klassiek, en L’ Eau d’Issey Florale, ’n sagte nuwe blomme-geur met ondertone van hout vir haar en vir hom. L’ Eau d’Issey Pour Homme is ’n vars geur met hout- en kruiegeure daarby.

HOU TYD

Rotary-dameshorlosieRotary-manshorlosie

Vir elkeen is daar ’n Rotary-horlosie. ?Die dameshorlosie is R2 950 werd en ?die manshorlosie R2 750. Bel Luxco ?Importers op 011 448 2210 of besoek www.luxco.co.za om vas te stel waar jou naaste Rotary-handelaar is.

COBRA, 'N BLINK IDEE

Spoggerige krane van Cobra

Met spoggerige krane van Cobra lyk jou badkamer soos ’n ontwerpersdroom! Die wenpaartjie kry ’n Cobra-wasbak en menger ter waarde van R7 000. Cobra vervaardig ’n omvattende reeks kombuis- en badkamertoebehore in ’n wye verskeidenheid van style. Besoek www.cobra.co.za om Cobra se katalogus te besigtig.

OEPS! MY INSKRYWING WIL NIE LAAI NIE!

Klik vir moontlike redes en oplossings.

Volg SARIE op Twitter en Facebook