SKRYF SÓ IN

Let wel: Jy hoef nie meer die vraag te beantwoord nie.

1. Klik vir die inskrywingsvorm.

SARIE BRUID 2012/2013

2. Hou ook 3 foto’s gereed

* ’n Nabyskoot van julle as ?’n bruidspaar,
* ’n vollengte-foto van ?julle twee,  
* en ’n foto van jou eie keuse. Onthou dat elkeen van dié foto’s kleiner as 4 MB en in ’n jpeg-formaat moet wees.

3. Deel ook in minder as 400 woorde jul liefdesverhaal en spesiale trou-oomblikke met ons. Sodra jou inskrywing suksesvol op sarie.com gepubliseer is, sal jy ’n e-posbevestiging kry met die web-adres van jou inskrywing. Stuur dit gerus vir jou vriende en familie sodat hulle kommentaar kan lewer en deel dit ook met al jou Facebook-vriende!

4. Sien die wedstrydreëls hier! Sluitingsdatum: 28 Februarie 2013

* Jy kan deur al die ander inskrywings vir dié wedstryd kyk op sarie.com/bruid.

DIS WAT JY KAN WEN

HEMELSE VERBLYF

Hou wittebrood in die paradys. Die Le Touessrok-hotel aan die ooskus van Mauritius is soos ’n Mediterreense dorpie uitgelê en is een van die romantiesste bestemmings denkbaar. Hier wink ’n wit, songebaaide strand, die asuurblou Indiese Oseaan, en tropiese sonsondergange. Geniet tot sononder verversings op die strand, ’n wêreldklas-gholfbaan, spa, fiksheidsentrum, skubaduik en diepsee ?hengel. Dié eilandvakansie van World Leisure Holidays is R61 000 werd.

* Die prys sluit akkommodasie vir 7 nagte in ’n luukse-suite en ontbyt en aandete in, asook internasionale retoer-vliegkaartjies, vervoer tussen die lughawe en die hotel, ’n ete vir twee by ’n à la carte-restaurant, ’n verwelkomingsgeskenk, vrugte en vonkelwyn in jul kamer, nie-gemotoriseerde watersport en vermaak. Binnelandse vliegkaartjies, lughawe-belasting en reisversekering is nie deel van die prys nie.

* Julle benodig paspoorte wat 6 maande ná jul terugkoms in Suid-Afrika nog geldig sal wees.
* Die prys is geldig van 1 Maart 2013 tot ?1 Maart 2014.
* Verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid, kan nie oorgedra word nie en is nie vir kontant omruilbaar nie.
* Bepalings en voorwaardes geld.

Le Touessrok-hotel in Mauritius

Le Touessrok-hotel in MauritiusLe Touessrok-hotel in MauritiusLe Touessrok-hotel in Mauritius

VERRUKLIKE GEUR

Elie Saab, ontwerper van asemrowende rokke, toor ook met geur. Hy bewaarheid die universele kindertyddroom om ’n prinses onder vroue te wees – hetsy om ?’n beeldskone bruid of die godin by ’n gala-geleentheid te wees, of om op die rooi tapyt te skitter. ?Die wenbruid kry ’n geskenkpak verruklike geur ter waarde van R3 540.

Dit sluit in: 90 ml Elie Saab Eau de Parfum, Body Lotion, Shower Gel, Body Cream en Deodorant Spray.

Elie Saab

GESOGTE KOMBUISSTELLE

Of jy die dag met ’n vrugte-smoo?thie afskop of koffie en roosterbrood verkies – met dié stylvolle broodrooster, ketel en versapper in Breville se Ikon-reeks sal jy nie ’n voet in die kombuis verkeerd sit nie. @home, die eksklusiewe verskaffers van dié gesogte Australiese handels?naam, skenk dié driestuk ter waarde van R3 780.

Breville is wêreldbekend vir vindingryke kombuistoestelle van vlekvrye staal. Besigtig @home se volledige reeks by www.home.co.za.

Breville-kombuistoestelle

JOU DROOMRING

Jou droom van ’n eksklusiewe troupand met unieke ontwerpdetail word bewaarheid met ’n pragtige ring van Arthur Kaplan Jewellers. Dié juwelier verstaan dat ’n troupand ’n simbool van liefde en ’n lewenslange verbintenis tussen twee geliefdes is. Die wenbruid kry ’n manjifieke diamantring van haar keuse ter waarde van R7 500. Elke beto-?werende Arthur Kaplan-ontwerp is geïnspireer deur die estetiese kombinasie van klassieke prag en verfynde gesofistikeerdheid.

Troupand deur Arthur Kaplan

MEESTERSTUK

Stylvoller as ’n Michel Herbelin-horlosie kry jy nie. Vir die wenbruid is daar ’n kabelhorlosie van vlekvrye staal met ’n perlemoen-?wyserplaat en handgesette stene ter waarde van R6 750. Michel Herbelin-horlosies het hul oorsprong in Charquemont op die grens van Frankryk en Switserland. Horlosies word geslagte lank al sorgvuldig volgens die hoogste standaarde vervaardig en versinnebeeld Franse elegansie en innoverende Switserse tegnologie. Skakel ?011 448 2210 of besoek ?www.luxco.co.za.

Michel Herbelin-horlosie

SKRYF IN!

OEPS! MY INSKRYWING WIL NIE LAAI NIE!

Klik vir moontlike redes en oplossings.

Volg SARIE op TwitterFacebook en Pinterest