WEDSTRYDREËLS

  1. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie 2011 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenner word in ’n latere uitgawe van SARIE bekend gemaak.
  2. Slegs inskrywings wat korrek op www.sarie.com gedoen word sal aanvaar word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.
  3. Paartjies wat tussen 28 Februarie 2010 en 28 Februarie 2011 in Suid-Afrika trou, mag inskryf.
  4. Verblyf sluit slegs bed en ontbyt in. Alle ekstra uitgawes soos drankies, lughawebelasting, fooitjies, ens. is uitgesluit, behalwe indien anders vermeld.
  5. ’n Direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Media24, enige van die borge van die wedstryd, reklame-, advertensie- en digitalemaatskappye betrokke of hul huweliksmaat, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, besigheidsvennoot of enige ander hegte verhouding mag nie aan hierdie wedstryd deelneem nie.
  6. Inskrywings moet een vollengte-, een kop-en-skouers naby-kleurfoto en een foto van julle keuse insluit. 
  7. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE BRUID. Alle foto’s mag in SARIE, SARIE BRUID en op sarie.com gepubliseer word.
  8. Enige paartjie wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, sal gediskwalifiseer word.Indien die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.
  9. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan hierdie wedstryd gekoppel is.
  10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  11. Pryse is nie verhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  12. SARIE BRUID bied hierdie wedstryd namens ???? aan as ’n diens vir haar lesers. Die borge voorsien en is verantwoordelik vir die pryse. SARIE BRUID aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.ov. die ontvangs van die pryse of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.
  13. Hotelverblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.
  14. Media24, direkteure en werknemers asook die wedstrydborge, hul families en digitale- en bemarkingsagentskappe word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse.
  15. Met jul inskrywing stem elke paartjie in om by die reëls te hou.
  16. Die wedstryd is onderhewig aan die regulasies en wette wat daarop van toepassing is.
  17. Deur aan die wedstryd deel te neem, stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.
  18. Die finaliste in die bruid van die maand-wedstryd is nie outomaties finaliste in die bruidspaar van die jaar-wedstryd nie.