Wedstrydreëls

1.    Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie 2010 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

2.    Die wenpaar word op 31 Maart bekend gemaak en sal telefonies en daarna per brief gekontak word.

3.    Die wenners sal op ‘n latere stadium op www.sarie.com verskyn.

4.    Inskrywings via sarie.com, per e-pos en per pos word aanvaar.

5.Die wenpaar moet voor 20 Februarie 2011 op die landgoed trou. Indien hulle besluit om nie te trou nie, word die prys verbeur. Die prys kan nie vir enige ander partytjie of vir ‘n onthaal of vir kontant geruil word nie.

6.   Die onthaal is vir 75 gaste teen R350 per kop volgens die spyskaart op Rickety Bridge se webtuiste. Dit is R26 250 werd.

7.    Die banketsaal van Rickety Bridge word vir die onthaal gebruik. Dit is R25 000 werd.

8.   Verblyf en ontbytin die herehuis is vir een nag en nog 2 paartjies, kan as gaste van die bruidspaar oorslaap (dus 6 mense vir 3 slaapkamers). Dit is R7000 werd.

9.    Die bestaande bedoeïentent van Rickety Bridge word nie vergroot vir die onthaal nie.

10. Standaarddekor (die eiendom van Rickety Bridge) soos tafeldoeke, servette, eetgerei, wit stoeloortreksels, organza vir tafels en stoele, naaswit mat vir troukapel, blomme (ter waarde van R12 750), stoele ’n preekstoel vir die kapel asook ‘n bedoeïentent. Hierdie is beskikbaar in standaard kleure en sal nie noodwendig in jou smaak of kleurskema val nie. Die dekor (uitgesluit die blomme) en tent vir die dansbaan/wegbreekarea (14 meter x 9,5 meter) is R19 000 werd.

11. Die wenpaar kan kies tussen 2 spyskaarte. ‘n Driegang-ete en koffie word voorgesit. Dit is R26 250 werd. 

12. Canapes en sangria word by die aankoms van die gaste bedien. Ingesluit in die prys is 36 bottels wit en 36 rooi wyn. Die prys is R10 000 werd.

13. Die bruid kan ‘n aantrekkamer in die herehuis gebruik vir haar troudag.

14. Die prys sluit die gebruik van ‘n vintage Studebaker-motor vir die foto’s in. Dit is R2000 werd.

15. ‘n Troukoek van Lindt ter waarde van R8 000 kan gewen word. Die troukoek wat gewen kan word is nie die een in SARIE BRUID nie. Die foto is slegs ter illustrasie.

16. Die prys sluit nie die volgende in nie: vervoer vir die bruidspaar of gaste, trourok, troupak, asook klere vir die gevolg, blomme, kerse, fotograaf, foto’, DVD’s en musiek of klankstelses.

17. ‘n Direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant vir Media24 of enige van die borge van die wedstryd of hul huweliksmaat, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, besigheidsvennoot, digitale-bemarkingsvennote of enige ander hegte verhouding mag nie aan hierdie wedstryd deelneem nie.

18. Jy moet twee foto’s (een kop en skouers en een vollengte foto) van julle twee op die webtuiste laai . Alle foto’s wat gelaai word, sal vertoon word sodat web-gebruikers van sarie.com dit ook kan sien.

19. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE en SARIE BRUID. Alle foto’s mag gepubliseer word in genoemde titels asook op sarie.com.

20. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan hierdie wedstryd gekoppel is.

21.Die beoordelaars se beslissings is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.

22.Pryse is nie verhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

23.SARIE BRUID bied hierdie wedstryd namens Rickety Bridge en Lindt aan as ‘n diens vir haar lesers. Die borge voorsien en is verantwoordelik vir die pryse. SARIE BRUID aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die pryse of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.

24. Media24, direkteure en werknemers asook die wedstrydborge, hul families en bemarkingsagentskappe word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die pryse.

25. Met jul inskrywing stem elke paartjie in om by die reëls te hou.

26. Die wedstryd is onderhewig aan die regulasies en wette wat daarop van toepassing is.

27. Deur aan die wedstryd deel te neem, stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.

28. Die prys sluit kelners vir die funksie  in (1 vir elke 8 gaste) en kelners sal beskikbaar wees tot 12:00 middernag.