Verlief, verloof. Wat is volgende? Die beplanning van jou droomtroue, natuurlik! Droom jy in volkleur? Welige groen wingerde, afgewitte geboue, goue heildronke, dieprooi wyn en ’n kleurryke kulinêre fees ...

Jou droom kan waar word by Bellevue-wynlandgoed - een van Stellenbosch se mees gevestigde wynplase wat eeue lank reeds topwyne lewer. Geleë op die Bottelarypad net buite Stellenbosch, bied Bellevue die ideale trouvenue met ’n sjiek interieur en oorgroot stoep wat uitkyk oor ’n gemanikuurde grasperk.

Die moderne dekor, tesame met die oorspronklike Kaaps-Hollandse herehuis wat uit 1803 dateer, bied ’n perfekte samekoms van oud en nuut. Die ideale venue om jou groot dag in styl te vier. Hier’s jou kans!

Die prys sluit in:

Gratis gebruik van onthaallokaal

Driegangmaaltyd vir 80 gaste

Wyn en vonkelwyn vir 80 gaste

Om in te skryf:

Vertel ons in 100 woorde hoe hy jou gevra het om te trou, die inskrywingsvorm is onder aan die blad.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2019

Besoek www.bellevue.co.za vir meer inligting oor die wynlandgoed en trouvenue.