Dié aktrise met die vele gesigte boei kykers nie net met die diverse rolle wat sy in een sepie vertolk nie, maar óók met haar tydlose skoonheid. Kyk jy na haar, sien jy haar treffende gelaatstrekke, pragtige vel en egalige, stralende gelaat dadelik.

FOTO: Instagram/@carinanel88

Die SARIE-skoonheidspan het met Carina oor haar velsorg gesels. Sy deel wenke, raad en verklap haar eie velsorgroetine!

Wat is die beste skoonheidsraad wat jy al ontvang het?

My liefste ma se woorde steek altyd in my kop vas, dat jy van jongs af mooi na jouself moet kyk en omsien. Moenie wag vir daai diep plooie of sonskade om iets daaraan te doen nie, alhoewel daar wonderlike behandelings en produkte is om te help, maar voorkoming is beter as genesing. En dit tel vir jou vel, jou hare én jou lyf.

Skoonheidsraad wat jy aan ander gee?

Dit bly dié basiese beginsels. Daar is 5 goed waarin ek glo:

1. Drink baie water.

2. Beskerm jou vel daagliks teen die son, moenie die huis verlaat sonder sonblok nie, maak nie saak wat die weer is nie.

3. Kry genoeg slaap.

4. Moenie met grimering gaan slaap nie. Ek volg elke aand my 5 stap-velsorgroetine om my vel te reinig en ’n hupstoot te gee.

5. Volg ’n gesonde eetprogram.

Ek is verskriklik lief vir mooi grimering. Die geheim agter mooi grimering is om eerstens mooi na jou vel te kyk. Dieselfde geld vir jou hare, as jy gesonde hare het, kan jy meer met jou hare doen. Kies style wat by jou as persoon pas.

As jy jouself goed versorg, gaan jy meer selfvertroue hê, só lyk jy ook sommer mooier!

FOTO: Instagram/@carinanel88

Jou gunsteling behandeling?

Ek het die jaar voor my troue na Advanced Dermatology in Pretoria vir velbehandelings begin gaan, ek besoek hulle tot vandag toe gereeld. Ek het besluit dit is vir my belangrik om ekstra moeite met my vel te doen. Ek moet altyd reg lyk voor die kamera, my vel het nog nooit so goed gevoel en gelyk nie!

Daar is drie behandelings waaroor ek gaande is, ek wissel dié behandelings van maand tot maand af:

- Neostrata Chemical Peels vir algemene velinstandhouding

- IPL-behandelings vir velvernuwing en sonskade

- Mediese Dermapen-behandelings vir kollageen stimulasie

FOTO: Instagram/@carinanel88

Jou daaglikse velsorgroetine en gunsteling velsorgprodukte?

Advanced Dermatology het my aan die velsorgreeks Crème Classique voorgestel. Dié reeks is deur die dermatoloog Dr. Hardie de Beer ontwikkel. Ek volg elke dag ’n 5-stap velsorgroetine met dié velsorgreeks. In Dr. de Beer se eie woorde: “Vrouens moet slegs dié vyf stappe doen om velveroudering te voorkom en hul algehele voorkoms te verbeter.” Ek gebruik die produkte al vir drie jaar, dit het ’n enorme verskil aan die voorkoms van my vel gemaak.

Dié vyf stappe herhaal ek soggens en saans:

1. Reinig met Crème Classique Soap Free Cleanser (R165). Beskikbaar by Dis-Chem, uitsoek-apteke en aanlyn by www.cremeclassique.co.za

2. Verfris & Afskilfer met Crème Classique Beta Hydroxy Gel (R275)

3. Voed & Bevog met Crème Classique Advanced Anti-Ageing Cell Repair Serum (R715)

4. Verjong met Crème Classique Rejuvenating & Scar Serum (R295)

5. Beskerm met Crème Classique Day/Night Alpha Moisturiser Plus (R295) of Crème Classique Safari SPF50 Outdoor & Sport Sunscreen Safari SPF40 Moisturizing Sunscreen (R120)

Enige velsorg-wenke?                                                                     

Moenie aan jou gesig peuter nie. Dis iets wat ek moes afleer. As jou gesig uitbreek moenie aan dit druk of vat nie, jy beskadig jou vel verder. Wend ’n produk wat dit help uitdroog en versorg aan.