’n Jaar gelede het die Kapenaar Lindsey Abrahams sak en pak noorde toe getrek om haar drome van aktrise-wees na te jaag. Sy het die rol van suster Chanel Samuels in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders losgeslaan en staan sedertdien dié karakter se skoene vol.

View this post on Instagram

When little children come to visit at work.... It makes me Soooo happy ?? Little Chelsea sitting on aunty Lindsey's lap ??

A post shared by Lindsey_Rose (@lindsey_abrahams) on

Ja, Lindsey het goed in die Stad van Goud aangepas – dit voel nou soos huis, al verlang sy nog dikwels Kaap toe. Gelukkig kan sy ná ’n besige jaar uitspan en bietjie vakansie hou … in die Kaap, natuurlik. “Ek is van plan om die hele tyd op ’n strand uit te span.”

Lindsey se mooimaak-filosofie is eenvoudig.

“Hoe natuurliker, hoe beter. Ek is nie iemand vir tierlantyntjies nie. Dit help nie jy steek al jou karaktertrekke weg nie. Dis die raam waarbinne jy beweeg en jy moet daarop trots wees!”

Sy is versot op maskara en lipsalf. “Ek is stout vir ’n stukkie lash en om my oë te beklemtoon. Lip balm is ook noodsaaklik, want droë lippe is nie mooi nie.”

Sy voel op haar mooiste met ’n paar lae maskara aan. “Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Jou oë is belangrik, nie net omdat dit die vensters na jou siel is nie, dis ook die verhoog wat ek telkemale gebruik om vanuit te praat as ek nie woorde het nie.”