Pascal Pienaar, die aktrise bekend vir haar rol as Karli in Binnelanders deel gereeld foto’s van haar reise op sosiale media. Sy laat beslis nie op haar wag nie. Portugal, Lebanon, Kroasië, Italië en Egipte is maar van die lande wat sy op haar emmerskoplysie kan afmerk.

FOTO: Instagram/@pascalie
FOTO: Instagram/@pascalie

Aangesien Pascal gereeld reis, het die SARIE-skoonheidspan met haar gesels oor oulike skoonheidswenke en –raad vir wanneer jy uit ’n tas moet leef en jou vel en hare aan ’n nuwe omgewing en klimaat moet gewoond raak.

Ek vlieg sonder grimering ...

Pascal vertel dat voor sy reis, gaan sy vir ’n wenkbrou- en wimper tint. “Ek vlieg sonder grimering en rus my vel. Ek pak net in ’n klein botteltjie van my gesigwas en ’n goeie bevogtiger. Tydens die vlug sal ek my gesig was en vel vars kry.”

FOTO: Instagram/@pascalie

Dít moet ek in my tas hê ...

“Goeie sonskerm en ’n in-bly opknapper.”

FOTO: Instagram/@pascalie

Dié behandeling is 'n moet ...

“Ek gaan vir n “K-Mist”-behandeling by Gary Rom haarsalon. Dit help om my hare te beskerm teen die warm son en glansend te hou.”

Wat is ’n K-Mist-behandeling?
Die behandeling bestaan uit 80% warm stoom en 20% koue stoom wat diep in die haarskag gepenetreer word. Die koue stoom veroorsaak dat die behandeling in die haarkutikels behoue bly.

Dié produk werk perfek ...

“Ek probeer om net getinte bevogtiger met ’n SBF van 15 en maskara om my oë af te rond, te dra.”

Nu Skin Advanced Tinted Moisturizer SPF15 (R663). Beskikbaar aanlyn by www.nuskin.com

Só dra ek my hare ...

“Ek het natuurlike golwende hare en ek hou nie daarvan om moeite met my hare te doen terwyl ek reis  nie, daar is dan beter dinge om te doen! So ek is lief vir vlegsels met ’n hoed. Só koek my hare nie. Ek gebruik ’n in-bly opknapper as ek wel my hare los dra.”

FOTO: Instagram/@pascalie