Jordyn Cleverly het amper twee jaar lank na die perfekte trourok gesoek. Sy het meer as 30 rokke aangepas, maar nie een het reg gevoel vir haar groot dag nie.

Haar oupa het gelukkig haar ouma, Penny Jenson, se trourok veilig (en skelm) bewaar. Hy het die rok aan sy kleindogter gegee en met ’n paar verstellings kon Jordyn die rok op haar groot dag dra.

Die bruid het haar keuse ’n geheim gehou en besluit om haar ouma voor die troue daarmee te verras. Haar ouma het die rok laas in 1962 gesien en gedink dit het lank terug verlore geraak, maar sy het steeds dekades later dadelik haar trourok aan haar kleinkind herken.

Jordyn het ook haar ouma se troufoto’s van 55 jaar terug vir ’n roerende foto vasgehou.

Die fotograaf Kortney Peterson het hierdie spesiale oomblik vasgevang:




Volgens Jordyn het haar ouma in haar oor gefluister: “Ek het met my groot skoolliefde in hierdie rok getrou, en nou volg jy in my voetspore.”

Klik hier om nog foto’s te sien