Dis my gunsteling ná sjokoladekoek.

genoeg vir 1 koek

* 420 g (750 ml) bruismeel

* 5 ml koeksoda

* 1 ml sout

* 250 ml sonneblomolie

* 400 g (500 ml) suiker

* 4 eiers

* 320 g (750 ml) gerasperde wortel

* 1 blik (440 g) fyn pynappel, gedreineer

* 3 piesangs, fyngedruk

VERSIERSEL

* 1 houer (250 g) gladde maaskaas

* 100 g (190 ml) versiersuiker, gesif

Verhit oond tot 180 °C. Spuit patroonpan met volume van 2liter met kleefwerende kossproei. Sif bruismeel, koeksoda en sout saam. Klits dan olie, suiker en eiers saam. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Vou wortel, pynappel en piesang by beslag in. Skep beslag in voorbereide pan en bak vir 35-40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Versiersel Klop maaskaas en versiersuiker saam. Skep op afgekoelde koek en sit voor.