genoeg vir 4

  • mediumgroot GLAD-baksakkie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamatie
  • 60 ml harissasmeer (kyk op jou supermark se pestorak)
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 12 frikkadelle van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper koeskoes vir voorsit
  • ongegeurde jogurt vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele behalwe die koeskoes en jogurt in ’n mediumgroot baksakkie. Geur goed met sout en peper. Maak sak toe volgens aanwysings op verpakking. Plaas in oondroosterbak in warm oond en bak vir 40-50 minute of tot frikkadelle gaar is. Knip sak oop en sit voor met koeskoes en jogurt.