genoeg vir 4

  • groot GLAD-baksakkie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 410 g-blik gekapte tamatie
  • 410 g-blik tamatiepuree (nie die gekonsentreerde tamatiepasta)
  • 30 ml rooiwynasyn
  • 225 g chorizowors, in ringe gesny
  • 20 ml chipotlerissievlokkies
  • 1 heel hoender
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas ui, kno el, tamatie, puree, asyn, chorizo en chipotle in groot baksakkie. Geur hoender goed met sout en peper en plaas bo-op sous. Maak sak toe volgens aanwysings op verpakking. Skud sak liggies tot hoender goed bedek is met sous. Plaas in oondroosterbak in warm oond en bak vir 90 minute of tot hoender sag en gaar is. Knip sak oop en sit voor.