Jaar ná jaar word ’n groei in belangstelling in skoonheidsprodukte vir mans gesien en dit is nie beperk tot ’n sekere groep nie, sê Karen Hill, eienaar van twee Sorbet Man-salonne in Sandton, Johannesburg.

Mans van alle ouderdomme, rasse en beroepe besoek hul salonne.

Die manne besef al hoe meer watter voordele persoonlike versorging vir jou voorkoms en selfvertroue kan hê. Soos wat die grense en geslagstereotipes afgebreek word, voel hulle gemakliker om mooimaak te omarm.

View this post on Instagram

Violetta put a glitter mask on me lol

A post shared by ansel (@ansel) on

Moet ook nie vergeet dat ons almal se gesig byna heeltyd daarbuite is as gevolg van sosiale media nie ... Daarom neem veral velsorg nou die voortou. “SA het ’n strawwe klimaat en ons mans ervaar dieselfde omgewingsaanslae op hul vel as ons. Produkte wat beskerm teen donker vlekke, sonskade, besoedeling en dehidrasie is gunstelinge,” sê Karen.

Die manne staan ook nie meer terug vir grimering nie! Die akteur Ansel Elgort het by vanjaar se Golden Globe-toekennings glinsteroogskadu in die binnehoeke van sy oë gedra en alte spoggerig gelyk.

1. Sorbet Man Face Moisturiser SPF 15 (R125). By Sorbet Man-salonne en Clicks 

2. Woolworths Men Face Charcoal Scrub (R80). By Woolworths 

3. Beauté Pacifique Masculinity Purifying Foam Cleanser (R700). By uitsoek- estetiese klinieke 

4. Shower to Shower Men Deodorant in Cool Confidence (R28)