(4 - 6 porsies)

30 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 300 g steurgarnale, doppe verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml botter
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 60 ml wit asyn
  • 6 eiers
  • 6 aartappels, gaargekook
  • 400 g aspersies, in kookwater gedompel

Verhit olie tot warm in 'n middelslag-braaipan. Voeg knoffel by en braai tot begin verkleur. Voeg garnale by en roerbraai tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Smelt botter, suurlemoensap en skil saam, hou eenkant. Bring 'n pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Breek eiers een vir een by en posjeer stadig vir 3 - 5 minute vir sag, of langer soos jy verkies. Dreineer eiers versigtig. Sny aartappels in dun snye en plaas op opskepbord saam met aspersies. Gooi gaar garnale oor. Plaas geposjeerde eiers bo-op en sprinkel suurlemoenbotter oor. Sit warm voor.

As jy nie lus is om die eiers te posjeer nie, kan jy gekookte eiers gebruik.