(4 - 6 porsies)

  • 500 g baba-aartappels, gekook tot sag
  • 45 ml olyfolie
  • 120 g slaaiblare van jou keuse
  • 200 g bokmelkkaas
  • 250 ml mayonnaise van goeie gehalte
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit 'n riffelpan tot vuurwarm tot die rook letterlik daaruit kom. Halveer aartappels en sprinkel olyfolie oor. Braai in warm riffelpan vir sowat 3 - 5 minute per kant of tot goudbruin en bros. Plaas slaaiblare in 'n opdienbak en breek bokmelkkaas oor. Meng mayonnaise, suurlemoensap en -skil saam. Skep eers warm aartappels en dan mayonnaise op bokmelkkaas. Geur goed

met sout en swartpeper. Sit voor saam met warm brood en baie botter.

Wenk: Jy kan ook tuna, gerookte wors of gaar hoender byvoeg.