(4 porsies)

  • 4 rooi appels
  • sap van 1 suurlemoen
  • 120 ml mayonnaise
  • 15 ml Dijon-mosterd
  • 4 selderystokke, in groterige stukke gesny
  • 100 g heel okkerneute
  • 60 g bronkors (watercress), geskeur

Sny appels in wiggies en gooi suurlemoensap oor. Meng mayonnaise en mosterd. Meng al die bestanddele met mosterdmayonnaise. Sit voor met brood van jou keuse.