(4 porsies)

  • 400 g hoenderborsierepe
  • 60 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sowat 12 babaaartappels
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 ml mayonnaise
  • 30 ml korrelmosterd
  • 1 sakkie (80 g) vars roket
  • 2 avokado's, in dun skywe gesny

Plaas hoender in 'n bak en gooi olyfolie, suurlemoensap en knoffel oor. Laat staan vir sowat 5 minute. Kook aartappels tot sag en verwyder skil. Sny in skywe. Verhit 'n pan en braai hoender tot bruin en gaar. Geur met sout en swartpeper. Meng mayonnaise en mosterd. Pak roket, hoender, aartappelskywe en avokado in lae op 'n opdienbord. Sit voor met die mosterd-mayonnaise.