Genoeg vir 6

700 g blomkoolstukke

45 ml kanola-olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

100 ml witwyn

300 ml hoenderaftreksel

300 amandelmelk

sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml olyfolie

300 g gemengde sampioene

100 g gemengde neute

hand vol Italiaanse pietersielie

50 g parmesaankaas, fyngerasper

Plaas blomkool in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot dit soos fyn rys lyk. Verhit kanola-olie in groot pot en roerbraai ui en knoffel tot dit begin verbruin. Gooi wyn by en laat afkook. Voeg blomkool by en roerbraai nog 1 minuut. Gooi aftreksel en melk by en laat kook tot mengsel dik en romerig is, so 10 minute. Geur goed met sout en peper.