Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur:

Maalvleis is my noodplan as ek min tyd het - van bobotie tot frikkadelle kan jy baie vinnig maak.

genoeg vir 4

  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml blatjang
  • 25 ml bruin asyn
  • 15 ml borrie
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 100 ml amandelsplinters
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 30 ml geroosterde masala
  • 1 x 410 g-blik klappermelk

Meng ui, knoffel, kerrie, appelkooskonfyt, blatjang, bruin asyn, borrie, maalvleis en amandels. Voeg eier by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Vorm frikkadelle so groot soos jy verkies. Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Pak frikkadelle in pan en braai 1-2 minute per kant of tot goudbruin. Voeg masala en klappermelk by. Meng deur en verlaag hitte tot stadige prut. Laat sous 10-12 minute prut of tot frikkadelle gaar is. Sit voor met rys en tamatieslaai.