4 - 6 porsies

• 45 ml olyfolie

• 2 uie, in ringe gesny

• 2 knoffelhuises, gekap

• 1 x 400 g-blik kersietamaties

• 80 ml rooiwyn

• 1 takkie roosmaryn, gekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 500 g boerewors

• 6 rolletjies

• 60 ml botter

Verhit 30 ml olyfolie in 'n middelslag-pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute. Voeg tamatie, rooiwyn en roosmaryn by. Verlaag hitte en laat stadig stowe vir sowat 25 - 30 minute terwyl jy so elke 5 minute roer. Geur met sout en swartpeper. Verhit res van olyfolie in 'n braaipan tot warm. Braai wors vir sowat 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en gaar. Sny in porsie-grootte. Smeer rolletjies met botter. Sit wors in en skep smoor bo-oor.