Die kombinasie van soet ertjies en fetakaas werk goed. Moenie sout byvoeg nie – die feta is sout genoeg.

genoeg vir 6

• 6 snye ciabatta-brood

• olyfolie

• 250 ml oorskiet- of gevriesde ertjies

• 3 wiele fetakaas

• 15 ml olyfolie

• varsgemaalde swartpeper

• 3 eiers

• baba-slaaiblare

• 125 g sagte mozzarella-kaas

Verhit oond se rooster-element. Sprinkel bietjie olyfolie op ’n bakplaat en plaas snye brood bo-op. Sprinkel nog olyfolie bo-op brood en plaas in oond. Oondrooster weerskante tot goudbruin en bros. Haal uit oond en laat afkoel. Plaas ertjies en fetakaas in voedselverwerker en meng tot glad. Voeg olyfolie by en geur met peper. Meng goed. Plaas eiers in ’n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en laat kook 3 minute. Dompel eiers onmiddellik in koue water en laat afkoel. Verwyder dop van eiers en halveer. Smeer ertjieen- feta-mengsel op geroosterde brood en plaas ’n halwe eier bo-op. Geur weer met peper en sprinkel baba-slaaiblare bo-oor. Sit voor met mozzarella-kaas.