(4 porsies)

  • 150 ml olyfolie
  • 4 eiervrugte, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 groot rosa-tamaties, gehalveer
  • 300 g mozzarella-kaas, in dik skywe gesny
  • hand vol vars basiliekruid

Verhit van die olyfolie en braai eiervrug ('n paar skywe op 'n slag) weerskante tot sag en bruin. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal tot al die eiervrug gaar is. Geur met sout en

swartpeper. Braai tamatie vir sowat 5 minute. Pak lae eiervrug, mozzarella-kaas en vars basiliekruid en sit voor met gebraaide tamaties.