Genoeg vir 4

150 g spinasie, gedompel in kookwater
1 eier
2 uie, gekap
50 g parmesaankaas, fyngerasper
100 g (180 ml) koekmeel
250 ml bevrore ertjies
240 g ricotta-kaas
sout en varsgemaalde swartpeper
115 g (125 ml) botter
100 g pekanneute
3 takkies kruisement, gekap
125 ml basiliekruid-pesto

Kap spinasie baie fyn met skerp mes. Meng met eier, uie, parmesaan, koekmeel, helfte van ertjies en ricotta. Geur met sout en peper. Vorm ronde balle. Bring pot met water tot kookpunt en skep kluitjies in water. Kook 10 – 12 minute of tot kluitjies op water dryf. Terwyl kluitjies kook, verhit botter in groot braaipan. Voeg neute, kruisement, pesto en oorblywende ertjies by. Braai 3 – 5 minute. Dreineer kluitjies en voeg by warm bottermengsel. Meng deur. Sit voor met ekstra parmesaankaas.