(4 porsies)

  • 6 (500 g) aartappels, in skywe gesny
  • 45 ml botter, gesmelt
  • 200 g kersietamaties
  • 4 wiele fetakaas
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 500 g beesfilet
  • 2 takkies roosmaryn, gekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene

Verhit oond tot 180 °C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit. Plaas aartappels op bakplaat en drup botter oor. Sit tamaties ook op bakplaat en krummel feta oor. Besprinkel met knoffel en geur goed met sout en swartpeper. Sit in warm oond en rooster vir 15 minute. Verhit intussen 'n riffelpan tot vuurwarm. Sprinkel olyfolie oor filet en braai sowat 2 minute per kant of tot geseël in warm pan. Plaas op halfgaar aartappels en sprinkel roosmaryn en sap en skil van suurlemoen oor. Bak verder vir 10 minute of tot aartappels sag is. Sit warm voor.