genoeg vir 4–6

  • 6 hoenderborsies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g strepiespek
  • 30 ml olyfolie
  • 6 salotte, gehalveer
  • 250 g bruin sampioene, gehalveer
  • 500 ml witwyn
  • 250 ml room
  • 30 ml botter
  • hand vol fyngekapte pietersielie
  • 250 ml wilde-bruinrys
  • 500 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoenderborsies op werkvlak en geur met sout en peper. Draai twee repe spek om elke borsie en steek vas met tandestokkie. Verhit olyfolie in ’n pan en braai hoender weerskante tot bros en goudbruin. Haal uit en plaas in ’n oondbak. Braai salotte in dieselfde pan tot goudbruin aan gesnyde kant. Voeg by hoender en bedek met foelie. Plaas in oond vir 20 minute. Braai sampioene in dieselfde pan tot goudbruin. Geur met sout en peper. Gooi witwyn by en bring tot kookpunt. Laat prut sowat 10 minute. Voeg room woensda g Gebakte hoender met spek, sampioene en wilderys by en kook nog sowat 10 minute. Klits botter by met ’n draadklitser om die sous ekstra smaak te gee en dit ook effens te verdik. Roer pietersielie by. Hou sous eenkant. Kook rys volgens aanwysings op verpakking in hoenderaftreksel en geur met sout na smaak. Haal hoender uit oond en verwyder al die tandestokkies. Sit voor met roomsous en wilderys.